"Teen moremiddag is jy, Golden Breakspear, deel van my binnehof en sal jy jou titel as winterprinses neem."
Melody se besluit oortuig Zander om 'n Forya en'tarna te roep - 'n Elwe-grootwordritueel wat slegs op Elwe werk. Tot dit op hulle hele vriendekring werk. Dit gooi hulle wintervakansieplanne omver en stuur hulle op 'n avontuur deur Tir na hÓige.
In Óneiro ontmoet Lume vir Nalu Fermi, Kai se oudste broer. Weermagbloed. Vleiend. Wat as eeue lange gebruike en strategiese huwelike logies en sin maak?
Zander en Golden hoop om vir Zuri in Izua op te spoor voordat Donohue haar kry. Daar kom Donohue se suster, Raidan oor Zander se pad en skielik onthou hy 'n lewe wat hy nooit geleef het nie. Wie is hy regtig? En hoe pas Raidan daarby in?