My Eerste Afrika-avontuur

My Eerste Afrika-avontuur

Regular price
R 219.00
Sale price
R 219.00
Regular price
R 219.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

In September 2003 ry Riaan Manser vasbeslote uit Kaapstad in 'n poging om die eerste persoon te word wat reg rondom Afrika met 'n fiets toer.  Hy het gedink dit sal hom 'n jaar neem, maar dit het hom meer as twee gekos.  Aan die einde van 2005 bereik hy weer Kaapstad, 14 kg ligter na sy 36 500 km reis, deur vier-en-dertig lande.  In sy oorspronklike boek "Around Africa on my bicycle" laat Riaan die leser toe om die geswoeg, opgewondenheid en af en toe se angstigheid van sy reis te herleef - sy wroeginge deur die Sahara en Libiese woestyne, die aanleer van Frans, Portugees en Arabies, aap, rot en vlermuis etes, om te kan staan voor die piramides, ongekende vryheid te ervaar in die Rooi See in Egipte, hiënas wat hy mond tot mond gevoer het, en staan op die hoogste, sowel as die laagste punte in Afrika.  Riaan het op 25 November 2005 veilig in Kaapstad aangekom.  

Nou, vir die eerste keer, kan kinders hierdie wonderlike ontdekkingsreis in 'n prettig, geïllustreerde weergawe van die oorspronklike een herleef.  Gevul met prettige feite en inligting sal My Eerste Afrika-avontuur jonk en oud vermaak vir nog baie jare