Ben wil nie skool toe gaan nie. Hy het nie maatjies nie en niks is lekker nie. Maar dan lees sy mamma vir hom uit die Kinderbybel dat hy spesiaal is, en Jesus is lief vir hom! Ben besluit om dit nog een kans te gee ...
Geskryf deur 'n onderwyser met dekades se ervaring, is hierdie boek perfek vir enige kind wat onseker is oor skool toe gaan.