Ben moet sy heel eerste toets skryf en hy is baie bang. Hy raak so deurmekaar met al die letters en klanke en voel sommer naar. Mamma herinner Ben daaraan dat Jesus altyd by hom is en hom sal help ... Maar gaan Ben dit onthou wanneer hy moet toets skryf?