Weg

Weg

Regular price
R 189.00
Sale price
R 189.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Niekie verdwyn spoorloos.  Kort nadat sy en haar kêrel baklei het.  Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers al voorheen die pad gevat sonder om enige iemand te sê.

Maar haar kêrel, Zack, is bekommerd.  Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie?  Sal sy sommer net wegbly uit die skool sonder om enige iemand te sê? Hoekom antwoord sy nie sy oproepe nie?  Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom?

Toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.  Baie verkeerd.  Niekie se verfkwaste staan nog net soos sy dit gelos het.

Zack is seker Niekie is ontvoer.  En saam met hul vriende begin hy 'n spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei ... voor dit te laat is.

Weg is 'n naelbyt-spanningsverhaal vir tieners wat jou tot op die laaste bladsy sal laat asem ophou.

Sagteband

149 bladsye

Word aanbeveel vir ouderdomme 13 jaar en ouer