Veergewig - Jan Vermeulen

Veergewig - Jan Vermeulen

Regular price
R 229.00
Sale price
R 229.00
Regular price
R 229.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

"Jy is nie 'n Bekker se gat werd nie, Talia.  Hou op probeer.  Gaan hang jou bokshandskoene op.  Loop speel soos enige ordentlike meisietjie netbel of hokkie ..."

Dié woorde van haar ouer broer, Hamer, het haar geruk.  Sy is nie soos hy nie.  Sy is aangeneem en daar vloei nie 'n druppel Bekker-bloed deur haar are nie.

Dit is hoekom sy die veergewig-bokstitel in die komende kampioenskap moet wen.  As sy soos haar pa 'n amateurkampioen kan word, sal sy haarself miskien as 'n Bekker kan aanvaar.  Maar sy gaan teen Amber te staan kom, die klub se gunsteling.  Dis so onregverdig.  Hamer sal altyd 'n Bekker wees, al is hy 'n tronkvoël, maar sy moet baklei daarvoor.

As mense net kon besef hoe mislik sy haar lewe lank oor alles omtrent haarself gevoel het, totdat sy begin boks het.  En as hulle kan besef hoe belangrik die komende klubkampioenskap vir haar geword het.

Word aanbeveel vir ouderdomme 11 jaar en ouer

223 bladsye