Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die LEER MY LEES-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook woordeskat en leesbegrip. Elke boek bevat 'n woordeskatlys, 'n lys met die enkelvoud, meervoud, verkleinwoord en begripsvrae gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.