Leer speel-speel lees met Tippie die olifant!
Vlak 2 se stories fokus op dubbel-, twee- en drieklanke asook sigwoorde. Kort sinne en vierletterwoorde is maklik om te lees en bou selfvertroue. Elke boekie se klankfokus word in 'n ander kleur aangedui. Aktiwiteite agter in elke boekie bevorder woordeskat en leesbegrip.
1. Tippie en die boom
2. Tippie en die haas
3. Tippie en die duur mat
4. Tippie en die leer
5. Tippie en die uil
6. Tippie se neus jeuk
7. Tippie en die mier
8. Tippie se kous
9. Tippie soek 'n boek
10. Tippie en die braai