Vasbyt Vyf:  Die ontvoering - Eleanor Lombard

Vasbyt Vyf: Die ontvoering - Eleanor Lombard

Regular price
R 179.00
Sale price
R 179.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

"O vrek!" is al wat Jaco kan uitkry terwyl hy die rugbybal agternakyk.  Dit was 'n skop waarop elke losskakel trots sou wees, maar dis ongelukkig nie tussen die pale deur nie.  Dis oor die twee meter hoë muur tot in die bure se erf.  En die buurman is maklik die knorrigste oom in die hele dorp.  Hy praat nie, hy grom.

"Sjoe! Wat doen ons nou?" vra Handré.  "Nou moet ons maar net die bal terugkry.  Dis al,"  antwoord Jaco beslis

Maar dis nie al nie.  Jaco het nie 'n idee watter gemors vir hom wag nadat hy per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur geskop het nie.  Hy en Handré, sy beste vriend, probeer die bal terugkry - net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan.  Wat maak hulle nou?  Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré weet wat hulle gesien het ... en daar is net een oplossing:  Hulle moet die meisies probeer red.

Sagteband

111 bladsye

Word aanbeveel vir ouderdomme 11 jaar en ouer