Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie 'n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.
Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê hulle is dood. Maar Benru is nie so seker nie ... Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd.
- Het Wayne regtig deur 'n boom in Ouma se agterplaas geklim en na ander plekke gereis?
- Wie is die eienaardige mense wat aan die deur kom klop?
- Het Benru magte waarvan hy nie weet nie?
Benru weet dit nog nie, maar 'n avontuur van reis, geheime agente en spesiale magte lê vir hom voor!