Word Ryk, Bly Ryk - PJ & Geo Botha

Word Ryk, Bly Ryk - PJ & Geo Botha

Regular price
R 249.00
Sale price
R 249.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professionele mense of salaristrekkers, en boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en uiteindelik oor te dra aan die nageslag?

In Word ryk, bly ryk help PJ en Geo Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in 'n uitdagende omgewing en dit te laat groei.  Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou 'n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede.  Die skrywers se maklik verstaanbare, kundige finansiële advies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.