In die Teenwoordigheid van die Allerhoogste - Stephan Joubert

In die Teenwoordigheid van die Allerhoogste - Stephan Joubert

Regular price
R 249.00
Sale price
R 249.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Daar is meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet.  'n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik.  Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos 'n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening.  So 'n lewe kom nie vanself nie.  Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus.

Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na 'n meer gedissiplineerde lewe saam met God.  Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur 'n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar.

Geniet hierdie jaarprogram.  Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei.  Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.