God is steeds God - Benescke Janse van Rensburg

God is steeds God - Benescke Janse van Rensburg

Regular price
R 249.00
Sale price
R 249.00
Regular price
R 249.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Joernalis en radio-omroeper Benescke Janse van Rensburg vertel meer as 60 hedendaagse geloofstories waarin mense getuig van wonderwerk-oomblikke saam met God.  Hy voorsien, beskerm, lei ons en vul ons met wysheid wannneer ons dit nodig het.

Hierdie getuienisse herinner ons dat God gewone mense soos die petroljoggie en die enkelma raaksien.  Daar is ook stories van bonatuurlike voorsiening en beskerming soos 'n boer wat God se ingryping in 'n haelstorm op sy plaas beleef het;  'n dowe seun wat skielik kon hoor en 'n huwelik op die rand van egskeiding wat herstel is.  Ander verhale getuig van God se genade vir 'n dwelmverslaafde op die punt om haar eie lewe te neem, maar ook van God se nabyheid en vertroosting na 'n miskraam, na die verlies van 'n kind of toe 'n gesin hul lewens van vooraf moes opbou na 'n gewapende roof 'n gesinslid se lewe geëis het.

Alhoewel daar heelwat bekendes is wat hul stories deel, is die fokus regdeur die boek slegs op een Hoofkarakter.  Deur hierdie verhale wil Hy ons herinner dat Hy ons steeds liefhet, dat wonderwerke steeds gebeur en dat ons Hom in ons lewens kan toelaat en vertrou.