Donkertyd:  My naam is Tina

Donkertyd: My naam is Tina

Regular price
R 289.00
Sale price
R 289.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot:  Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar ouboet, Sarel, die "sondekind".

Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma:  "Vergewe hom maar.  Sy kindertyd was donker."

In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te ontvlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster.  So probeer sy genesing bring.  Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie.  Die donker het 'n manier om jou in te haal.