Die Einde Van Die Storie - Santie Van Der Merwe

Die Einde Van Die Storie - Santie Van Der Merwe

Regular price
R 179.00
Sale price
R 179.00
Regular price
R 249.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

"Ek het jou nie meer lief nie."  Uiteindelik kry Lizzie dit gesê na 'n huwelik van agt en twintig jaar.  Nie oor 'n ander man nie, nie oor hy lelik is met haar nie, net oor daar niks meer tussen hulle is nie.  Dis asof sy en Marthinus alles weet van huise bou - hy regte huise en sy pophuise - maar hulle eens dierbare huis het sonder 'n enkele slag inmekaargestort.

Dat dit haar man nie skok nie maar hom hoogstens in 'n besonder slegte bui kry, is nog erger.  Marthinus praat mos nie, nie oor sulke goed nie.  En Lizzie weet sy is nie die mooiste vrou wat hy ken nie, onder meer omdat sy nie juis sukses gehad het met al die diëte wat sy al probeer het nie.

Haar aankondiging laat nie almal sonder woorde nie.  Hulle enigste kind begin haar soos 'n irriterende vreemdeling behandel.  Ja, en dan is daar Lizzie se eienaardige naweek in die Bosveld tussen nog eienaardiger mense ...  Sy kan sterf van skaamte.

Bied so iets vir 'n man stof tot nadenke?  Met Marthinus sal mens nooit weet nie.