Davelvroue 06:  Maryn

Davelvroue 06: Maryn

Regular price
R 259.00
Sale price
R 259.00
Regular price
R 259.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Die Davelvroue bestaan uit 7 boeke:  Tamara, Willemien, Annabella, Deborah, Isabelle, Maryn en Fleur.  Elke vrou voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry.

Maryn:  Hy't haar leer nee sê.  Dat sy meer is as Joshua en Tamara Davel se sagsinnige jongste.  Meer as Bergendal se konfytkokertjie, meer as bekwame, inskiklike, minsame Maryn.

Sy wou glo sy is Niel von Wildenstein se droomvrou.  Nou weet sy, sy is die vrou van sy drome - die een wie se pa 'n florerende lemoenplaas het.  En dis wat die laventelman wil hê - lemoenblomolie.  Nie vir haar nie.  En lemoenblomolie is volop op Bergendal.

Hy't haar bedwelm met sy betowerende olies, sy geurige laventellande, sy sagte hande, sy kerslelie-oë.  En oujongmeisie wat sy is, het sy mooitjies binne-in die strik getrap wat die slinkse skarminkel vir haar gespan het.