Davelvroue 05:  Isabelle

Davelvroue 05: Isabelle

Regular price
R 259.00
Sale price
R 259.00
Regular price
R 259.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Die Davelvroue bestaan uit 7 boeke:  Tamara, Willemien, Annabella, Deborah, Isabelle, Maryn en Fleur.  Elke vrou voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry.

Isabelle:  Hul persoonlikhede knoop en skuur mekaar behoorlik - sy, die opstêrs gravinnetjie, en hy, die bywoner.

Op Orange Hall moet hulle mekaar verduur.  En al probeer Isabelle hoe hard om hom te vermy, is Arendt de Leeuw oral ... met sy verpestelike grys verf in haar ateljee, met sy groot lyf in die kleigat, met sy slim hand in haar stillewes. 

Agter haar hovaardige houding knak Isabelle mettertyd, swig sy voor die man met die terg op sy tong, die spot in sy oë. 

Maar Arendt weet - hy moet 'n leeftyd binne 'n paar weke leef, haar 'n herinnering maak sonder dat sy ook seerkry, want hy het net enkele maande oor.