Davelvroue 04:  Deborah

Davelvroue 04: Deborah

Regular price
R 259.00
Sale price
R 259.00
Regular price
R 259.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Die Davelvroue bestaan uit 7 boeke:  Tamara, Willemien, Annabella, Deborah, Isabelle, Maryn en Fleur.  Elke vrou voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry.

Haar pa sê sy's 'n willewragtig.  En Deborah is versot op argeologiese opgrawings.  Sy dra graag haar boetie se klere.  Maar beeldskoon en pure vrou, dié is sy.

Die argeloog, Heath Hughes, leer haar as Doepie ken.  'n Jong seun, glo hy.  Maar hy ontmoet ook vir Deborah.  En altwee herken onmiddellik die intense aangetrokkenheid tussen hulle.

Saam beland hulle by die Zimbabwe-ruïnes, waar hulle opgrawings doen - Deborah vermom as Doepie.  Sy weet sy het hierdie blonde man lief, maar hoor dat hy eintlik 'n leuenaar is en die vondste vir eie gewin hou.  Hy's 'n dief, oneerlik, en die vrou in haar weet nie waarheen met haar liefde nie.