Davelvroue 02:  Willemien

Davelvroue 02: Willemien

Regular price
R 229.00
Sale price
R 229.00
Regular price
R 259.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Die Davelvroue bestaan uit 7 boeke:  Tamara, Willemien, Annabella, Deborah, Isabelle, Maryn en Fleur.  Elke vrou voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry.

Willemien is 'n konsentrasiekampkind.  Hy's 'n Ier wat vir haar maar dieselfde is as 'n Engelsman.  'n Kakie.

Haar bitterheid kan Willemien nie onderdruk nie.  Haat, soms.  Hy's 'n moordenaar van haar mense.  Hoe kan sy hom liefhê?

Maar hoe kan sy nie?  Aidan Connelly was vir haar voorbestem.  Van voor die skepping.  So weet haar hart, haar lyf.  Maar haar verstand hou vas aan die onreg aan haar mense, die ellende, die sterftes.  Sy sal Theron kies, taalstryder, patriot.

Maar tweede beste, waarsku die wat weet haar, bring net hartseer mee.  Dit sien sy ook.  Sy weet dat sy vir ewig met die pyn van haar verlies sal moet saamleef.  Maar hoe?

Sagteband

312 bladsye