Brand - Peet Venter

Brand - Peet Venter

Regular price
R 189.00
Sale price
R 189.00
Regular price
R 279.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Die voormalige speurkaptein Thys Krige is wat hy is.  Hy maak mense dood.  Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak.  'n Korrupte president speel in die hand van 'n buitelandse familie wat onmoontlik ryk is, nie as gevolg van hulle onbaatsugtige werkywer nie.  Sagte kolonisering, noem mens dit.  Nou loop die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposisies dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie.  Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry.  Hulle kan byvoorbeeld so agressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei.

In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword:  sy halfsuster, 'n gestremde IT-spesialis en 'n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring.  Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word.