Maroelaboomstories - Leon de Villiers
Maroelaboomstories - Leon de Villiers
  • Load image into Gallery viewer, Maroelaboomstories - Leon de Villiers
  • Load image into Gallery viewer, Maroelaboomstories - Leon de Villiers

Maroelaboomstories - Leon de Villiers

Regular price
R 199.00
Sale price
R 199.00
Regular price
R 319.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom.  Dit is hulle gunstelingslaapboom.  Dit duur 'n rukkie voor almal tot ruste kom, maar uiteindelik het selfs tant Skurwestert die regte mik vir haar moeë lyf.  Dit is is doodstil. Die bobbejane wag vir die aandster se koms.  Wie gaan die ster vanaand eerste sien?

"Daar is hy!" roep een van die jonges.  Skaars het die ster verskyn of 'n stemmetjie pleit:  "Vertel vir ons 'n storie, asseblief!"  "Ja, 'n storie, 'n storie" weerklink dit van tak tot tak.

Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?  Dan is hierdie bundel met 15 oorspronklike diereverhale net vir jou!