Lea lief honde - Cecilia Steyn

Lea lief honde - Cecilia Steyn

Regular price
R 99.00
Sale price
R 99.00
Regular price
R 119.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Om diere te red, is in Lea se bloed. Haar ma is immers die beste veearts ooit — en Lea gaan eendag nog 'n beter een wees!

Lea het 'n probleem: as sy nie vir Hik, die hondjie wat sy gered het, maniere kan leer nie, gaan hulle vir hom nuwe eienaars moet soek. Boonop kondig die juffrou aan die skool gaan 'n ratsheidskompetisie vir honde hou! Lea, Nikita en haar nuwe maatjie Hazel moet inspring om te help.

Maar skielik het hulle 'n groter probleem: daar is 'n hondemeule wat hondjies in slegte omstandighede teel en verkoop. Saam moet die drie meisies hulle bes probeer om die hondjies te red — en vir Hik te hou!

Hierdie hartlike Afrikaanse kinderboek deur Cecilia Steyn is 'n lieflike verhaal oor vriendskap, diere en die moed om reg te doen — perfek vir jong lesers wat lief is vir honde en diereredding.

  • Aanbeveel vir ouderdomme 9 jaar en ouer
  • Sagteband | 64 bladsye
  • 'n Uitstekende geskenk vir meisies wat lief is vir diere
  • Deur Cecilia Steyn, uitgegee deur LAPA Uitgewers