Ons lewe in 'n stukkende wêreld. Ons almal beleef dinge wat ons wêreld in skerwe kan laat breek.
In Gom vir jou stukkende wêreld leer die gewilde jeugboekskrywer Jan Vermeulen jou van vyf waarhede wat jou wêreld soos gom weer heel kan maak. Hierdie waarhede help jou om die kernboodskap van die Bybel te verstaan sodat jy self Bybelse antwoorde op al jou vrae kan kry.