Op 'n dag is daar vreemde geluide in die (Weer)Wolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee sakemanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer!
Dolfie en sy klasmaats stig die protesgroep W.R.O.W. (Wie Red Ons Wolfbos). Maar hulle weet nie of dit genoeg gaan wees om die mans te keer nie ...
Sagteband
174 bladsye
Word aanbeveel vir ouderdomme 7 jaar+