Ontmoet vir Mieliepit, ‘n baie pittige troetelhoender van Bloemfontein. ‘n Bietjie lui (sal sy self erken) en baie lief vir gesels, skryf sy die allersnaakste briewe aan ene Liefling. Sy vertel stories oor Jaco en Janet, die twee kinders in die huis, en alles wat hulle aanvang. Elke storie bevat ‘n bietjie pitkos om die leser te laat nadink, sowel as ‘n Bybelgedeelte om verder te gaan lees, en ‘n gebed wat die leser kan bid.
Word aanbeveel vir ouderdomme 9 jaar en ouer
Sagteband
72 bladsye