Wat het geword van elke man vir homself?
Charlie Flets is 17, taai en 'n 800m atleet op pad na SA's. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer ... Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry.
Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk 'n barmhartige Samaritaan soos die res van sy gesin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit sy pa 'n helikoptervlieenier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haat dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sy buitekamer kom neem het.
En dan tel Charlie teensinnig 'n verlore joernaal op en teen sy beterwete probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak 'n ander wereld vir hom oop.