Asem is 'n aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind:
Barries Barnard haat sy pa. Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy gaan wraak neem. Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bêre. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom dae lank te laat krul van die pyn. Maar 'n wilde partytjienag dompel Barries se lewe onverwags in chaos. En skielik het hy geen keuse nie. As hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op 'n plaas gaan bly, naby 'n kusdorpie in die middel van nêrens. By sy pa. En so begin 'n reis na genesing wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het. 'n Reis om vry te word en weer te leer asemhaal.
Word aanbeveel vir ouderdomme 15 jaar en ouer
Sagteband
256 bladsye