Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s'n? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd om hom ...
Soos die titel belowe, is Verkleurmannetjie nie het een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in 'n hele TV-reeks, deur 'n skrywer wat weet hoe werk 'n tiener se kop - en hou van hoe dit werk!