Lizelle het nie avontuur verwag toe sy daardie middag tydens haar Desembervakansie buite Stina's Cafe vir die koerant sit en wag met haar samboksalf en 'n pakkie sigarette nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroë klein Karoo-dorpie waar haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer hulle gebring het nie.
Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellends weg - iets wat haar een aand aanval!
Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster met sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma - die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.
Sy is net glad nie voorbereid op wat sy vind nie.
Drake ... in die Karoo.