Teiken in Parys - Nerine Ahlers

Teiken in Parys - Nerine Ahlers

Regular price
R 189.00
Sale price
R 189.00
Regular price
R 189.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Sy het vir haarself gejok, dink Dienkie.  Sy het haarself belowe dat sy nie gou weer 'n ou wil hê nie.  Sy het vir haarself gesê dat sy baie versigtiger gaan wees in die toekoms.  Haar hart beskerm.

Tot Sergio, die Franse hunk wat al die meisies laat swymel, op sy wit perd aangalop kom.  En sy knak net daar.  Maak haar hart se deure wawyd oop, sê:  "Hier is ek, o, grote Sergio!"  En dit nadat sy haarself belowe het!

Maar nou is Sergio saam met Veronique na sy oupa toe.  Veronique wat glo dat Sergio aan haar behoort.

"Begin sommer nou aan 'n lewe bou sonder Sergio," gee haar vriendin Lea raad.  "Jy en Graham het soveel in gemeen, julle gesels lekker en hy is oulik.  Die wow-faktor is dalk nie alles nie."

Maar wie wil nou nie die wow-faktor hê nie?!  Asof dit nie 'n groot genoeg krisis is nie, beland Dienkie alweer in die middel van 'n hoop moeilikheid.  Die Louvre, 'n diefstal en 'n groot soektog.

Word aanbeveel vir ouderdomme 13 jaar en ouer

142 bladsye