Op die maat van Maya - Nerine Ahlers & Alet Steenkamp

Op die maat van Maya - Nerine Ahlers & Alet Steenkamp

Regular price
R 119.00
Sale price
R 119.00
Regular price
R 219.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Maya is oortuig van drie dinge:

1. Sy wil na skool medies gaan studeer.

2. Sy is die sanger Eduan de Bosch se grootste ondersteuner.

3. Dinge tussen haar en Mark is vir goed verby.

Dan ontmoet sy een aand vir Joe, en besef daar is nog iemand wat al Eduan se liedjies woord vir woord ken.  Maya kom nou net uit 'n rampspoedige verhouding met Mark en sy is nie gereed vir iets nuuts nie - niemand gaan in elk geval verby haar oorbeskermende ma kom nie.

Maar voor Maya kan keer, sing sy saam met Joe in sy band en weet sy nie meer of 'n dokter al is wat sy wil word nie  Sy begin vir Joe val, maar Mark maak skielik weer sy verskyning.  Die grootste ontnugtering van alles:  Sy ontmoet vir Eduan, maar vind iets uit wat haar hele lewe uitmekaar laat val.