"Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somerskoolvakansie?"
Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel reeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desembervakansie legendaries maak. Hulle sit af na Vleesbaai - ja, daar is rerig so 'n plek - en maak 'n paar reels vir die vakansie:
- Geen bakleiery nie
- Almal doen alles saam
- Geen meisies nie
Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor ... 'n Legendariese misverstand, 'n Legendariese ramp, Legendariese surfing, 'n Legendariese meisie, en dalk 'n Legendaries soen - dit alles sorg vir 'n Legendariese somer.