Een dag in Julie - Nerine Ahlers

Een dag in Julie - Nerine Ahlers

Regular price
R 179.00
Sale price
R 179.00
Regular price
R 179.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Matt haat haar.  Kiana, die koningin.  Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is.

Hy mis sy regte ma.  Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa.  Hy mis sy eksmeisie.  Hy mis hoe alles was voor Kiana.

En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger.  Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond.  Toe vat sy Matt se TV weg.  Toe sy rekenaar, en uiteindelik ook sy selfoon.

Genoeg is genoeg.  Kiana bied hom 'n ultimatum:  of hy aanvaar haar gesag, of hy loop uit die huis uit.

Matt kies opsie twee ... en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.