Die lewe se vuil houe - Fanie Viljoen

Die lewe se vuil houe - Fanie Viljoen

Regular price
R 189.00
Sale price
R 189.00
Regular price
R 189.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Niemand mag uitvind van die vuil houe wat die Lewe vir Dewie gegee het nie.  "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, né, Dewie?" vra sy amper pateties.  Sy hart slaan 'n slag oor.  "Nee, Ma.""Belowe?" Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed.  Dit word elke dag erger.  Sy koop en koop en koop.  Alles pak sy in hulle woonstel.  Alles.  Dewie moet daarmee saamleef.  Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak.  Sy mag net nie daarvan uitvind nie.  Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie.  Veral nie sy pelle nie.  Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar slim sêgoed en oë wat uit 'n ander wêreld na hom kyk.  Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie.

Word aanbeveel vir ouderdomme 13 jaar en ouer

Sagteband

167 bladsye