Nellie en Sion, Thwala

Nellie en Sion, Thwala

Regular price
R 99.00
Sale price
R 99.00
Regular price
R 139.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word.  Een so 'n storie is die van vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers.  Hierdie titel is die tweede in die reeks Nellie en Sion, en gaan oor 'n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie.  Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisies en kultuur met Sion.  Sy bring 'n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in.  Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen:  Hy word vrolik deel van die avontuur.

In hierdie boek leer Nellie vir Sion van thwala - die Zulu-woord vir iets op jou kop dra.  Deur 'n vlak stroom oor te steek vir 'n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala.  Sion leer at daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met 'n probleem.  Hierdie is 'n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense oor kulture heen aan mekaar sal verbind.