Lukas is bang vir die donker en vreemde geluide. Hy voel skaam wanneer hy nie soos sy maats op die groot wiel by die kermis wil ry nie. Met 'n bietjie wysheid en leiding van sy pa, leer Lukas egter dat dit baie dapper kan wees om "nee" te sê. Hierdie oulike verhaal oor 'n bang olifantjie leer kinders dat alle emosies belangrik is, en dat dapperheid vir almal anders lyk.