Seeperde - Naomi Meyer

Seeperde - Naomi Meyer

Regular price
R 159.00
Sale price
R 159.00
Regular price
R 159.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd.  'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen sy oë.  Maar Stella weet van beter.  Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek!  Sy kan nie wag om na skool saam met haar beste maat, Mira, by die pragtige perdeplaas lang die see te gaan ry nie.

Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het 'n geheim ... 'n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken.  Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig 'n plan beraam om haar geliefde perdeplaas te red.  Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf?  Gelukkig het Stella en Mira 'n plan, 'n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.