Sanri Steyn:  Die vampiere van Vlermuishoogte

Sanri Steyn: Die vampiere van Vlermuishoogte

Regular price
R 89.00
Sale price
R 89.00
Regular price
R 149.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie.  Haar naam sal op almal se lippe wees ...

Sanri is baie opgewonde toe sy hoor haar beste vriend, Markus, se neef kom op Raaiselfontein bly.  Sy kan nie wag om vir Danté te ontmoet nie.   Danté en sy gesin bly immers in Vlermuishoogte - 'n geheimsinnige ou kasteel buite die dorp.

Maar kort voor lank begin Sanri se neus kriewel.  En dit beteken een ding - sy ruik weer 'n storie ...

Waarom lyk dit asof Danté se pa 'n skaduwee soos 'n vlermuis het?  Watter geheime skuil in die grillerige kasteel?  En is Markus regtig in groot gevaar, soos sy neef hom waarsku?

Word aanbeveel vir ouderdomme 9 jaar en ouer

87 bladsye