Reg in die middel van nêrens

Reg in die middel van nêrens

Regular price
R 169.00
Sale price
R 169.00
Regular price
R 169.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Vandre kyk op.  "Hel!" skree hy van die skrik.  Ys trek deur sy are;  sy hande klem die tablet vas.  Hy koes.  "Pasop, Pa!"  Hulle is in die draai.  Hy weet hulle gaan dit nie maak nie.  

Die bakkie se agterkant skuif op die los bogrond.  Flitse wit kalkgrond, geelwit gras en blou lug tuimel oor mekaar.  Tussendeur die afgryslike klank van metaal wat skuur en skree, die gebrul van die dieselenjin en glas wat breek. 

Dit voel soos 'n eeu voor die voertuig ophou rol. 

Dis binne sekondes verby.

Op soek na hulp vir sy pa na 'n lelike motorongeluk, verdwaal Vandre heeltemal in die onbekende, dorre Boesmanland.  Dis 'n stryd vir oorlewing teen die natuur, teen homself en teen die herinneringe wat hom jaag.

Word aanbeveel vir ouderdomme 11 jaar en ouer

184 bladsye