Percy Jackson en die Olimpiёrs:  Die Weerligdief
Percy Jackson en die Olimpiёrs:  Die Weerligdief
  • Load image into Gallery viewer, Percy Jackson en die Olimpiёrs:  Die Weerligdief
  • Load image into Gallery viewer, Percy Jackson en die Olimpiёrs:  Die Weerligdief

Percy Jackson en die Olimpiёrs: Die Weerligdief

Regular price
R 189.00
Sale price
R 189.00
Regular price
R 189.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Percy Jackon is op die punt om uit sy kosskool geskop te word ... al weer.  En dis die minste van sy probleme.  Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hulle opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van 'n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom.  Boonop is 'n paar van hulle woedend vir hom.  Zeus se meesterweerligstraal is gesteel, en Percy is die hoofverdagte.

Nou het Percy en sy vriende net tien dae om Zeus se gesteelde eiendom op te spoor en terug te besorg, anders gaan daar oorlog op Olimpus uitbreek.  Maar as hy sy heldetaak wil voltooi, sal Percy meer moet doen as net die dief vastrek - hy sal vrede moet maak met die pa wat hom nie wou hê nie;  hy sal die raaisel van die Orakel moet oplos wat hom waarsku dat 'n vriend hom gaan verraai, en hy sal 'n konkelplan moet probeer fnuik wat magtiger as die gode self is.