Ouma Mollie gaan terug skool toe - Fanie Viljoen

Ouma Mollie gaan terug skool toe - Fanie Viljoen

Regular price
R 169.00
Sale price
R 169.00
Regular price
R 169.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal.  Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem - die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.  Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.

Vandag is egter nie een van daardie dae nie.  Ouma Mollie onthou een middag sy het al baie goed vergeet.  Daarom is dit tyd om terug skool toe te gaan - saam met klein Nina en Blapsie, haar hond.  

Op ouma Mollie se eerste skooldag, pluk sy haar snaakse ou skoolrok en 'n paar silwer tekkies aan.  Tydens die les, leer sy die juffrou ook 'n paar nuwe dinge.  Een daarvan:  Tekkies gee mens knoptone, daarom moet jy hulle in die klas uittrek - selfs as stink jou voete VREESLIK! 

Toe ouma Mollie (per ongeluk) die graadeentjies se nuwe juffrou word, is daar GROOT moeilikheid.  Maar nie so groot soos toe sy ...  Nee, wag, lees maar self wat ouma Mollie nog aanvang.