Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie 'n soet engeltjie nie ...
Engela kry altyd haar sin, maak nie saak in watter situasie sy beland nie! In die drie stories in hierdie boek leer Engela 'n nuwe vaardigheid aan vir die skool se talentkompetisie, sy verdwaal op 'n natuuruitstappie, en sy speel saam met 'n groep seuns sokker, en niks kry vir Engela onder nie!
Sagteband
96 bladsye
Word aanbeveel vir ouderdomme 9 jaar en ouer