Ella Olivia is 'n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na 'n belaglike insident waarin sy 'n meme geword het (natuurlik op 'n Vrydag), is haar op die nippertjie aanvaarding by Kovsies om medies te studeer 'n nuwe begin vir haar. Maar na nog 'n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Conrad Trubleu, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband, Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is so nie deel van haar plan nie ...
Word aanbeveel vir ouderdomme 15 jaar en ouer
Sagteband
200 bladsye