Zia is net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na 'n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ander mense as die dertien gesigte waarin sy dag-in, dag-uit vaskyk ... Dan het hulle skielik dringend voorraad nodig wat net in die Kolonie gevind kan word - agter die hoë, geëlektrifiseerde heinings. Dis Zia se kans om terug te gaan en self die waarheid te gaan soek. Gaan die antwoorde wat sy kry wees wat sy wil hê ... of wag daar 'n ver donkerder noodlot op haar?
Word aanbeveel vir ouderdomme 15 jaar en ouer
Sagteband
175 bladsye