Zander is klaar met rugby en alle ander skoolsport. Hy is doodtevrede om net elke dag te gaan draf. Totdat Roxy hom op 'n dag sien hardloop. Haar ma rig landloop af, en sy probeer hom oorreed om deel te neem.
Zander stem in, maar waarom is hy vasbeslote om dit vir sy sportmal gesin geheim te hou? Selfs al dink sy afrigter en spanmaats hy het baie potensiaal.