Leef in volkleur

Leef in volkleur

Regular price
R 149.00
Sale price
R 149.00
Regular price
R 279.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

In hierdie treffende boek fokus Johan Smith op die aard en kern van verhoudings soos wat die Bybel dit beskryf.  Hy wys vir ons dat God vurig is oor verhoudings en dat ons, net soos Hy, weer passievol moet raak hieroor.  Johan wys vir ons hoe ons 'n innige verhouding met God en ander kan kweek en koester.

Ons hele lewe word in die konteks van verhoudings geleef.  Die lewe is verhoudings.  God word in die Bybel aan ons bekendgestel as liefde.  Liefde is een van sy name.  Liefde leef in ons verhoudings met ander en met jouself.  God se bedoeling vir ons is om in verhouding met Hom en met mekaar te lewe.

Eers wanneer ek die Here van verhoudings meer volledig en dieper leer ken, kan ek die waarde van verhoudings werklik verstaan.  Dan sal ek besef hoe belangrik dit is om God in en deur my verhoudings te vereer.  Hierdie goddelike verhoudings sal so kragtig getuig dat die wêreld sal sien en glo.  God sal sigbaar word in ons verhouding met Hom en met ander.  Verhoudings sal jou lewe ten volle vul met kleur en dan sal jy waarlik vreugde ervaar.