Wilde Klawer - Vita du Preez

Wilde Klawer - Vita du Preez

Regular price
R 169.00
Sale price
R 169.00
Regular price
R 269.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

In die bloedige stryd wat die Ierse Republikeinse Leër gevoer het, is gesinne en selfs familiegroepe uitmekaar geskeur.  McKenna Wilde kom uit so 'n familie, hoewel dit haar nie raak op die skilderagtige Riebeeck-Kasteel in Suid-Afrika waar sy saam met haar ma en ouma woon nie.  Tot 'n venynige brief haar noodsaak om in haar verlede te grawe en haar geestelike gawe om die onsienlike te sien weer in werking tree - hoewel hierdie "gawe" nie iets is wat McKenna sou kies nie.

In Noord-Ierland word dit gaandeweg vir McKenna duidelik hoe en hoekom haar pad hierheen geloop het en sy die tante moes ontmoet wat sy geglo het nie meer leef nie.  Hier ontmoet sy ook die Suid-Afrikaner wat uit verbittering en verlorenheid die geweld van sy land vir Ierland verruil het.  Hoekom die hangertjie in McKenna se besit so 'n beroering in haar veroorsaak wanneer sy naby hierdie man is, weet sy nie vir seker nie.  En of hy ooit weer die risiko sal loop om 'n vrou en kind in sy lewe toe te laat is iets wat net die toekoms maar moet leer.