Vier Susters - Gerda Taljaard

Vier Susters - Gerda Taljaard

Regular price
R 319.00
Sale price
R 319.00
Regular price
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters.  Dit is 1945.  In Europa woed die Tweede Wereldoorlog;  in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, wil 'n onbevange lewe hê, 'n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil.  Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophie staan by die regering;  haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Wanneer Domenico Valente, 'n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits gedryf.

Gerda Taljaard se Vier Susters is 'n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.