Drie vroue kry die kans om voor te begin dié keer vir altyd.
Jessica is Herk se eerste vrou. Soos in enige huwelik waar kinders betrokke is, eindig die band nie met die egskeiding nie. Estie en die tweeling vreet aan Jessica se gewete, te meer oor die manier waarop sy hulle agtergelaat het.
Milan was Herk se tweede vrou en ook hulle huwelik het op die rotse beland. In haar geval bind die drie kinders vir wie sy 'n ruk ma was haar ook aan die verlede. Die kinders en Herk, want sy het nooit met die egskeiding vrede gemaak nie.
Dan is daar Estie, verbitterd oor twee ma's wat haar verlaat het.
En Herk, by wie alles begin het ...