Die opstand van Poppie Nel

Die opstand van Poppie Nel

Regular price
R 199.00
Sale price
R 199.00
Regular price
R 329.00
Sold out
Unit price
per 
Shipping calculated at checkout.

Daar onder raas die see toe Poppie Nel die dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp.  Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan.  Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie.  Dit lyk egter nie asof sy wil nie - praat of opstaan nie.  Lukas het ook nie regtig trek vir 'n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar.  Maar hy het nou hierdie herderlike plig.

So ontvou Poppie se verhaal.  Dit begin in haar ouerhuis en in 'n saaltjie op 'n plot waar 'n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is.  Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien.  Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wereld daar buite.  Die skade aan 'n meisiekind se siel ... Nou ja.

Uiteindelik berei Lukas 'n preek oor die liefde voor.  Want dit is al wat daar vir die mens oor is.